Responsive image

Nou Praat Jy!

Ons doen dit weer: 'n nasionale Afrikaanse redenaarskompetisie soos nog nooit tevore nie, oop vir alle hoërskole in die land.

 

Wat is Nou Praat Jy!? 

In hierdie redenaarskompetisie kan alle skole hul beste redenaarspan van twee leerders per kategorie inskryf. Elke span mag hul standpunt kies: oortuigend, vermaaklik of motiverend, en moet hul unieke gedagtes na die tafel bring. Lede in ‘n span moet egter dieselfde standpunt ondersteun (nie opponerend nie).

Vanjaar se tema: Kyk noord!

Besoek die volledige uiteensetting van kategorieë, onderwerpstruktuur, inskrywingsgelde, prysgeld, en inligting oor die tydsduur van toesprake. Die prysgeld is soos volg: Die wenner ontvang R10 000, tweede plek R6000 en derde plek R4000.

 

Vir meer inligting klik hier:

 

Hoe skryf jy jou skool se span in?

Volg hierdie skakel om jou skool se span in te skryf. Of, vul hierdie inskrywingsvorm in en e-pos dit aan Joline de Klerk by joline.d@curro.co.za.